Spinnekop
Soet September EP

album cover

Released:
2000, Afrimusik, affrimusik 08

Website:
Spinnekop

Tracks:

  1. Tiger & Louise
  2. Roekeloos In Dorp Straat
  3. Winde Van Drome
  4. Maanskyn
  5. Spook mp3
  6. Vier Seisoene Kind mp3

Musicians:

  • Gian Hanekom: vocals, guitar
  • Guy Veldman: lead guitar, vocals
  • Alex Power: bass, keyboards, vocals, drum sequence

  • Leon van Sweil: sax on 'Maanskyn'
  • Casper Malherbe: guitar on 'Vier Seisoene Kind'
  • Tasha Nortier: backing vocals on 'Vier Seisoene Kind'

Review:

Gideon Groen, of te wel Gian Hanekom, is die klank, stem, woorde en wysies agter Spinnekop. Met die betowering van folkliedjie-mooi melodieë en gatskop rock en roll neem sy musiek beide dimensies aan sonder enige pretensie of namaaksel.

Bygestaan deur sy orkes word Gideon Groen Spinnekop se hoofman. Gideon "Casper" Malherbe (kitaar) en Johan Smit (baskitaar) vorm die frontlinie langs Groen. Casper was reeds o.a. basspeler vir Valiant Swart en speel gereeld saam met Stellenbosch se bestes. Johan is 'n gerekende jazz kitaarman. Tromslaner Willem de Beer en Barry Sauerman (ritmekitaar en soms lead ook) vorm tesame 'n soliede fivepiece.

"Soet September" is 'n stewige 6-liedjie demo opname van Gideon se liedjies, en is inderdaad so stewig dat Afrimusik dadelik besluit het om dit kommersieël beskikbaar te stel.

Die opnames is gemaak deur Alex Power by Farmyard Studios in Somerset-Wes vroeër vanjaar. Geslypte ateljee-musikante verleen 'n glansende en gladde afwerking aan hierdie produksie. Gideon Groen as solo kunstenaar is 'n onafhanklike identiteit - Spinnekop is die vorm wat hy aanneem wanneer hy in 'n band wil sing. En in 'n band wil hy sing - maar dit neem 'n lang tyd om 'n groep te bou. Daarom die idee om "Soet September" intussen as 'n bekendstellings-demo uit te reik, en nie dadelik 'n volledige album op te neem nie. Hiervandaan kan die groep vorm aanneem en materiaal en klank ontwikkel oor 'n lang periode voor 'n vollengte CD opgeneem sal word iewers in 2001.

Spinnekop is iets om ernstig te beluister of ernstig gekuier mee te raak, by die bar of vleisbraai. Met liedjies wat herinner aan vroeë Anton Goosen en sweempies van Valiant, het Spinnekop reeds 'n lojale gevolg opgebou in die Boland, en met die land se oë wat altyd op Stellenbosch gerig is vir nuwe musiek-helde kan die res ook maar nader skuif vir hierdie vars en nuwe band.

Die "Geraas" tv program het reeds 'n video belowe en het ook 'n inset van Spinnekop se optrede by die plaaslike Oppikoppi uitgesaai.

Die CD sal slegs by gigs en 'n paar uitgesoekte winkels beskikbaar wees. Die eerste 80 kopieë is 'n genommerde en getekende spesiale uitgawe in 'n spesiale groen CD kassie. "Soet September" is Afrimusik se eerste uitgawe op die Afri-doci etiket, 'n poging om goed genoeg demo's en ander onuitgereikte of onverkrygbare historiese opnames, as beperkte budget oplaes beskikbaar te stel.

-- from Aardvark website, 2000

Buy MP3s:

Buy South African MP3s from Rhythm Online

Click here to buy MP3s from Rhythm Online


TOPback to where you came from
South Africa's Rock Legends
South African Rock Encyclopedia