Al'astair

My Hond Fanie

Released: 1998, Independent

Die CD is kort nadat dit in 1998 vir die eerste keer veskyn het deur Die Burger ingesluit as een van die 10 "koopbare" CD's van die jaar en word nou vir die eerste keer wyer beskikbaar gestel. Al' was oor die afgelope twee jaar betrokke by onder andere die kabarette 'My Hond Fanie', '2/-Stroke Ducktails' en 'Neuk'. Tydens die 2001 Oudtshoorn kunstefees is 'Neuk' (waarvan hy die skrywer-regisseur was en waarin hy die hoofrol gesing het) met groot sukses aangebied. Die vertoning is onder andere deur Huisgenoot bestempel as een van die groepe wat beïndruk het tydens KKNK 2001.

Tracks:

  1. Marissa
  2. Rawsonville se Girls
  3. My Hond Fanie
  4. Droomtowenaar
  5. Strate van die Kaap
  6. Ballarina
  7. Justice
  8. Hell's Angel
  9. Die Meisie van De Aar
  10. Lipstick Club
  11. Boetie
  12. Tommie
  13. Straatkind
  14. Windgat Kapenaar
  15. Worcester Kat
  16. Neuk

Musicians (selected):

  • Al'astair: vocals
  • Andrew Roos: keyboards
  • Willem Moller: guitar
  • Mauritz Lotz: guitar, bass
  • Ruben Samuels: drums
Al' verberg al vir 'n paar jaar sy ware identiteit op die verhoog met die hulp van 'n ysblou bril en 'n ware honde halsband wat hy dra om hom teen onreinheid te beskerm. Hy het 'n donker en meesleurende stem en gebruik sy stem en oorspronklike musiek en lirieke om die mensdomme se stories met humor en empatie oor te dra.

Die CD is meesterlik verwerk en afgerond deur die manjifieke Andrew Roos en Willem Möller (vroëer van Blues Broers), beide gesoute en deurwinterde musikante, wat onderskeidelik as die projekleier-verwerker en klankingenieur tydens opnames by Willem Möller se Sharp Street Studio in Johannesburg opgetree het. Bekende kunstenaars soos Mauritz Lotz, Karen Meiring, Philip Moolman, Ruben Samuels, Andrew Roos en Willem Möller het meegewerk as die beeste, skape en nagtegaal. Die omslag en boekie is keurig versorg deur Icon Communications (Mare Mouton) van Kaapstad.

Hierdie Kwart-Skot-Driekwart-Boer, wat sy musiek ook as Afrikaanse rock en tjank deur 'n brak-boer beskryf was al 'n paar keer om die blok en is nie vanoggend vroeg gebore nie. Hy sê "Ek is wel so 'n klein bietjie ouer as Koos Kombuis, maar hy bly die hoofleier en uit respek teenoor hom, sal ek eers ná hom as 'n ware oom inval. Nog nie hierdie week nie. Miskien volgende week."

Die musikant Al' se ware identiteit, wie hy is en en waar hy vandaan kom, bly een van die bes bewaarde geheime in Afrikaanse musiek van die afgelope paar jaar. Al' stel dit as volg: "Soos my vriend Dirk glo ek in 'n hinderlaag. Lê laag en hinder niemand."

Die CD 'My Hond Fanie' bevat 'n wye en kontrasterende verskeidenheid soos die meesleurende en musikale 'Droomtowenaar', die ligte 'Rawsonville se Girls' en 'Worcester Kat', asook sterk alternatiewe lirieke soos die ernstig-siniese 'Justice' en die omgewingslied 'Neuk'.

Met kleurvolle tong in die kies Afrikaans, gemeng met empatie en filosofie, ondersteun deur uitstekende verwerkings deur die meesterlike Andrew Roos, behoort die CD 'My Hond Fanie' aangename luistergenot te verskaf.

Extract reprinted with kind permission of Ambrose van Eerden. Full article can be read at http://www.musiek.co.za

Disclaimer: Some of the content on this page originally appeared on the Indie Music Explosion (http://www.Indie.co.za) website which sadly disappeared sometime during 2000. Web design is by Brian Currin, March 2002


South Africa's Rock Legends
South African Rock Digest