Réana

Reana

Released:
September 2001,
Maranatha, MARD 292

SA Rock Digest charts:
highest position: 15
weeks on Top 20: 2

Tracks:

  1. Oopmond
  2. Arrogant
  3. Ryg My Lippe Toe
  4. Stukkies
  5. No Peas
  6. Kruis
  7. Massa Mensa
  8. Glasruit
  9. Skerp Tong
  10. Jesus Be My Centre

    Hidden bonus track
    ...I'll Be Fine

Musicians:

  • Réana: vocals
  • Mauritz Lotz: guitars, bass, keyboards, programming
  • Louis Langeman: programming
  • Bruce Wallace: drums
  • David Klaasen: drums
  • Denny Lalouette: bass
  • Miroslav Chakaryan, Susan Mouton, Marjan Vonk & Kevark Mikaelyan: string quartet

Review:

Gut-wrenching and challenging Gospel Rock from the not-yet-21 year old Réana Nel (sister of Nianell). I first heard her powerful voice and vocal range on 'Ryg My Lippe Toe' off the excellent 'Draadloos' compilation released late last year. I then tracked down her debut CD which was released in September 2001.

This is a bilingual album, and Namibian-born Réana seems equally at home in English or Afrikaans. Her influences include Alanis Morissette, Sheryl Crow and Sarah McLaghlan and she sings her self-penned songs with confidence and conviction.

She is ably supported on this album by musicians of the calibre of Mauritz Lotz, Denny Lalouette, Bruce Wallace & David Klaasen.

Interview:

Die Namibiër met die goue stem

TOE ek in Menlyn, Pretoria, regskuif vir 'n koppie koffie saam met vriendelike Réana Nel, 'n meisie van Namibië, het ek weer eens nie besef wát vir my wag nie, want ná die onderhoud het ek na haar CD, Réana, geluister.

Die album, wat in Augustus vrygestel is, is 'n belewenis! So 'n mengsel van Alanis Morisette en Sheryl Crow, maar daai stem! Sy het die nommers op die CD self getoonset en die lirieke is alles haar eie. Dis kwaliteit … en dit práát met jou!

Réana is 'n gebore Namibiër en die jongste van drie dogters. Sy het tussen die musiek grootgeword. Ma Heletjé en pa Flip is albei gebore musikante, terwyl ousus Nianell, op haar dae ook 'n Crescendo-finalis, 'n professionele musikant in Johannesburg is ... "en sy is regtig goed," sê iemand wat behoort te weet.

Réana het skoolgegaan en gematrikuleer aan die Academica Hoërskool, en as buitemuurse aktwiteite het sy drama- en musiekkwalifikasies verwerf. Op sestien het die biblioteekjuffrou haar aangemoedig om vir Crescendo in te skryf. Met die derde probeerslag, toe sy agtien jaar oud was, het sy dié kompetisie gewen.

Réana sê dat sy tot drie maande voor Crescendo gedroom het van roem in die sekulêre musiekwêreld, maar toe kom die boodskap dat sy moet getuig, want, het sy besef, 'n mens verloor jou vuur vir die Here as jy nie aktief vir Hom werk nie.

"Jongmense (soos syself) jaag dikwels hulle destiny in plaas van hulle purpose na. Dit gaan nie oor die roem nie, maar oor die roeping."

Sy onthou hoe sy blommetjies saam met 'n Bybelversie vir hartseer mense gegee het. Hulle reaksie is nét soveel - indien nie meer nie - werd as die applous van tagtig duisend mense, glo sy.

Réana se musiek is 'n ontmoeting met God. Sy glo dat die CD deur die Heilige Gees geïnspireer is. Ná Crescendo het sy as tiener alleen na Pretoria gekom en redelik vreemd gevoel. Dit het gebeur nadat die bekende gospelsanger, Louis Brittz, haar wenlied gehoor en haar genooi het om saam met hom by die Jubeljaarkonsert in Windhoek op te tree. Hy het haar later gevra om saam met hom optredes in Gauteng te hou.

Die CD verwoord verskillende emosionele belewenisse gedurende haar eerste ses maande in Pretoria, met die antwoorde wat die Here haar gegee het. Sy sê self haar CD is intiem-persoonlik, maar sy gee graag van haarself met 'n doel. Vir haar is die tyd wat sy alleen met haar kitaar of klavier werk, soos 'n brief aan God.

Oor haar loopbaan vorentoe twyfel sy nie - hoewel daar niks spesifiek voorlê nie, glo sy: "Die Here sal voltooi wat Hy begin het ..." Intussen is sy die een oomblik in Gauteng vir 'n massiewe konsert en dan weer in Kaapstad.

Tog is dit hierdie begaafde mens se nederigheid wat jou bekoor. Sy praat opgewonde oor die mooiste dinge wat haar bly maak - haar ouers se stemme oor die telefoon, of haar lieflinghondjie wat reeds sestien jaar oud is. Kosbaar is die luilekker dae op Hentiesbaai se strand of op die plaas, Sonderwater, waar sy graag op die vierwiel-motorfiets baljaar en plaasmeisiedinge doen.

Sy haal aan: "To give without loving" is maklik, maar "to love without giving" is onmoontlik. Daarom daag sy jongmense uit om op te hou om selfgesentreerd te leef: "Gee veral vir jou ouers liefde, en jy sal dit dubbeld terugkry."

Haar CD verwoord die oorwinning in Jesus - om waarlik in Hom vry te wees en verryk te word deur jouself te gee!

By Fanus Pienaar, reprinted from Lig vir Elke Christen website by kind permission of Adri-Louise van Renen.

Buy MP3s:

Buy South African MP3s from Rhythm Online

Click here to buy MP3s from Rhythm Online


TOPback to where you came from
South Africa's Rock Legends
South African Rock Encyclopedia