Various Artists
Die Vloek Van Die Kitaar
1979-2001

Various Artists - Die Vloek Van Die Kitaar

Released:
May 2002, Boereplaas Plate/ EMI, CDEMIM (WLM) 012

Tracks:

  1. Blommetjie Gedenk Aan My - Anton Goosen
  2. Tiger and Louise - Spinnekop
  3. Cybersurferraver - Akkedis
  4. Kaalvoet - Koos Kombuis
  5. Afrikaners is Plesierig - Karen Zoid
  6. Pappa Ek Wil 'n Popster Word - Springbok Nude Girls
  7. Strate van Pretoria - Beeskraal
  8. Boksburg Bommer - Bernoldus Niemand
  9. Gange van Babylon - Valiant Swart
  10. Goeienag Generaal - Piet Botha
  11. Bomskok Babalaas - Koos Kombuis
  12. Elektrisiteit - Raaskopleef
  13. Reggae Vibes is Cool - Bernoldus Niemand
  14. Maanskyn - Spinnekop
  15. Vloek Van Die Kitaar - Valiant Swart
  16. Anderkant Die Berg - Akkedis
  17. Cape Flats - Brasse Vannie Kaap
  18. Twyfelaar - Battery 9 (mp3)

Review:

Dagga-Dirk Uys first mentioned this CD in September 2001 (see Boereplaas), and now at last it sees the light of day.

It is a history of Afrikaans Rock and Roll from Anton Goosen's 'Blommetjie Gedenk Aan My' from 1979, through the 80s and 90s with tracks from Afrikaans rock legends like Koos Kombuis, Valiant Swart (singing the title track), Bernoldus Niemand (the alter ego of the late, great James Phillips), Piet Botha (with his incredible anti-war song 'Goeienag Generaal'), Akkedis and Battery 9 and then crashing into the new millennium with Karen Zoid ('Afrikaners is Plesierig'), Spinnekop, Beeskraal and Brasse Van Die Kaap ('Cape Flats', with support from Cape band Nine).

Also included is the early (and prophetic) Springbok Nude Girls song, 'Pappa Ek Wil 'n Popster Word', originally released on the 'Wingerd Rock 1 - Songs Uit Die Bos' CD in 1997. Another 'Wingerd Rock' song, 'Elektrisiteit' by Raaskopleef, is also on this new compilation.

The A to Z of Afrikaans Rock (from Akkedis to Karen Zoid) and all its genres (blues, boogie, industrial, punk, hip hop, rap, reggae, metal and more) are on this one CD. Highly recommended.

If the cover painting by Vernon Swart looks vaguely familiar, get out any of your old Led Zeppelin albums on the Swan Song label and you'll get the picture.

-- Brian Currin, May 2002


VADER VAN AFRIKAANSE ROCK PRAAT
Hannelie Booyens, News24.com

Dis vroegoggend en Dagga Dirk Uys voel nie baie vars nie.

"Ek is kwart oor vyf eers uit Valiant (Swart) se huis uit. Ek het veertig minute gelede uit die bed opgestaan en 'geshower' en stad toe gejaag."

Dat Dirk ná 'n nag se harde kuier met sy rockbroers vroeg is vir 'n onderhoud spreek boekdele oor dié "vader van Afrikaanse rock" se missie om rockers se "image" te verander. Om rockers se roekelose beeld nog verder af te breek, stuur Uys 'n dag ná die onderhoud 'n e-pos met ellelange antwoorde op vrae wat hy voel hy nie "deeglik genoeg" beantwoord het nie.

As iemand met gesag kan praat oor Afrikaanse rockers, is dit Uys, wat as musiekkenner, organiseerder, vervaardiger, promotor en gesoute "rockgroupie" al goed op pad is na twee dekades aan die voorhoede van Afrikaanse rock.

Die uitreiking van 'Vloek van die kitaar: 18 Afrikaanse rockers 1979 tot 2001' is 'n poging om die Afrikaanse rocktoneel in perspektief te plaas, sê Uys.

"Dit het nodig geraak, want mense wat nie agtergrond het nie, het 'compilations' begin maak, soos 'Alternatief Op Sy Beste'. Iemand wat deel was van die beweging, moes die 'record straight set'.

"Ek het probeer om 'n klomp goed op een slag te doen. Ek wou die musiek in 'n historiese perspektief plaas om vir mense te wys hoeveel 'great' songs daar al was en hoe dit ontwikkel het en waar ons nou staan.

"Ek wou ook wys hoe lewenskragtig ons musiek is en hoe wyd die omvang is. Daar is van Anton Goosen se 'Blommetjie gedenk aan my', wat ek beskou as die eerste Afrikaanse 'rocksong', tot Bernoldus Niemand en Koos (2 'songs' van 'Niemandsland', volgens my sy beste album), Valiant is daar, Springbok Nude Girls, Beeskraal, Akkedis, Spinnekop, Brasse vannie Kaap en Battery 9."

Waarom niks van Johannes Kerkorrel nie? "Vriend Kerkorrel 'didn't make it', want ek het regte rock 'n roll gesoek. Buiten 'n 'song' van David Kramer wat ek wou gebruik en nie kon kry nie, is almal daar."

"Die 'eighties' was 'n verskriklike oorlewingstryd vir Afrikaanse rock, maar met die Voëlvry-toer het ons 'n muur afgebreek wat 'n klomp dinge moontlik gemaak het. Ek het van die begin af geweet Afrikaanse rock gaan werk. Ek moes 'n klomp mense oortuig, onder andere Johannes Kerkorrel, wat eintlik maar 'n 'cabaret artist' was. Selfs Piet Botha het daai jare geglo Afrikaanse rock sal nie kan werk nie."

Hoekom het dit so lank gevat voordat 'n vrou soos Karen Zoid opgang gemaak het in Afrikaanse rock?

"Is dit 'n 'gender'-ding? Ek weet nie. Karen is fenomenaal - die eerste Afrikaanse 'girl' wat regtig rock 'n roll uit die heup uit speel. My grootste wens is dat sy 'n paar ander 'girls' aanspoor om uit die kas uit te klim."

Oor die kloof tussen populêre ligte Afrikaanse musiek en Afrikaanse rockers is Uys ook baie uitgesproke. "Hulle verstaan ons nie. Hulle dink ons is alternatief en 'weird'. Mense is moerse verras as hulle vir my kom kuier en sien ek het 'n 'nice' huis en 'nice' kinders en 'n vrou en alles is skoon. Mense is verbaas om te hoor Valiant het 'n kunsversameling."

Die enkele groot struikelblok wat Afrikaanse rock se uitbreiding kortwiek, is volgens Uys "brain drain". "Dis baie erger as wat mense dink. Ek het dit die laaste twee jaar begin besef dat van die 60 000 mense wat ons met die Voëlvrytoer bereik het, amper die helfte oorsee sit. Dit het SA rock 'n moerse 'blow' gegee.

"Die aanhangers van ligte Afrikaanse musiek, die 'eisbein'-blok wat 'thrive' op Ek en my meisie woon in 'n huisie is nog steeds hier. Die 'breindrain' het kultuurverarming tot gevolg."

Uys is besig om 'n boek te skryf oor sy ervaring van die Afrikaanse musiektoneel.

"Die voorlopige titel is Vroumense en ou karre - die verhaal van Afrikaanse Rock 'n Roll. Soos ek praat, so skryf ek. Dis nogal outobiografies - dit begin so in die middel-tagtigs. Dit gaan 'n moerse storie wees."

Extracts reprinted here by kind permission of Cobus Heyl of News24.com

Read the full article at:
http://www.news24.com/Beeld/Plus/0,4127,3-175_1164561,00.html

SETTING THE RECORD STRAIGHT
http://www.rock.co.za/files/boereplaas1.html
geskryf deur Dirk Uys, Boereplaas Plate
20th September 2001

Buy MP3s:

Buy South African MP3s from Rhythm Online

Click here to buy MP3s from Rhythm Online


TOPback to where you came from
SA Rock Compilation Albums
South African Rock Digest