Kobus!

Kobus!

Discography:

Musicians:

Biography:

Na 'n oordosis Brandewyn en Coke een aand in November van die jaar 2000 is Kobus! gebore uit die dualistiese waan van Naakte Soogdiere (met horings) en Stemme wat dinge Breek (kwaadwilliglik).

Maar hoe nou? Van waar gehasie? Who ordered the Veal Cutlet? Die klanke wat ons hoor is soet en vreedsaam. Die komposisies is vreugdevol dog donker. Die lirieke is briljant en die musiek is uitstekend. Ons klap ons hande en dan sny ons ons polse. Ons jubel en dan huil ons. Is dit moontlik? Ja, dit is. Hulle is tog Afrikaners en dit was tyd om hulle in hul moedertaal te begin uitdruk. Is dit moontlik?! Springbok Nude Girls en Voice of Destruction se 'top men' saam in 'n band? Ja dit is. Want hierdie band skryf hulle naam met 'n uitroepteken! Want dit is KOBUS!, die beste Afrikaanse band in die heelal!!

Theodorus Louis Crous Tydlyn:

  • 1994 - Stig Springbok Nude Girls
  • 1995 - Stel "Neanderthal 1" vry.
  • 1996 - Sluit platekontrak met Sony Int.
  • 1996 - Stel "It Became a Weapon" vry.
  • 1996 - Word "FNB-SAMA" toegeken vir "Best Rock Performance"
  • 1996 - Snit "Genie" bereik no.1 op 5FM Nasionale Top40.
  • 1997- Toer saam met INXS.
  • 1997 - Stel "Bevest" vry.
  • 1997 - Snit "I Love You" bereik no.2 op 5FM Nasionale Top40.
  • 1997 - Stel "Afterlifesatisfaction" vry.
  • 1998 - Snit "Supergirl" bereik no.7 op 5FM Nasionale Top40.
  • 1999 - Stel "Omnisofa" vry.
  • 1999 - Snit "Blue Eyes" bereik no.2 op 5FM Nasionale Top40.
  • 2000 - Stel "Surpass the Powers" vry. (Opgeneem in New York)
  • 2000 - Stel "Optimum" video kompilasie vry.
  • 2000 - Word "FNB-SAMA" toegeken vir "Best Rock Album"
  • 2000 - Stig "KOBUS!" saam met Francois Breytenbach Blom.
  • 2001 - Stel "Relaxzor" vry. (Opgeneem in New York)
  • 2001 - Word "FNB-SAMA" toegeken vir "Best Rock Album"
  • 2001 - Springbok Nude Girls finale toer.

Francois Breytenbach Blom Tydlyn:

  • 1986 - Stig "Moral Decay"
  • 1986 - Stel demo "Under Your Skin" vry.
  • 1988 - Klankingenieur by SAUK
  • 1989 - Stig "Uncle Vinnie"
  • 1989 - Stel "The Original Acid Beat" vry.
  • 1989 - Sluit aan by Voice of Destruction (V.O.D.)
  • 1990 - Stel V.O.D. "The Seventh" vry.
  • 1991 - Sluit kontrak met "Inhouse Records"
  • 1992 - Stel V.O.D. "Black Cathedral' vry
  • 1992 - Stel Uncle Vinnie "In Dog We Thrust" vry.
  • 1993 - Stel V.O.D. "The Death of Africa" vry.
  • 1994 - Stel V.O.D. "Finale Dead" vry.
  • 1994 - Snit "Black Cathedral" bereik no.1 op Sweedse Heavy Metal chart.
  • 1994 - Sluit kontrak met Duitse maatskappy "Morbid Records"
  • 1994 - Stel Uncle Vinnie "The Fooking Kompleat" vry.
  • 1994 - Ontvang SAUK "Protea" toekenning vir Radiodrama
  • 1995 - SAUK "Artes" Nominasie vir Radiodrama
  • 1995 - Verlaat SAUK
  • 1995 - V.O.D. gaan woon in Londen.
  • 1996 - Stel V.O.D. "Bloedrivier" vry. (Opgeneem in Yorkshire)
  • 1996 - Europese toer saam met "In the Woods" en "Katatonia"
  • 1996 - Snit "Religion" bereik no.4 op MTV Duitsland "Most requested Heavy Metal Videos"
  • 1997 - Stel V.O.D. "Video Vixens" video kompilasie vry.
  • 1998 - Terug in S.A./ Stig Die Kruis.
  • 1998 - Stel Uncle Vinnie "Nonmusic Assassin" video kompilasie vry.
  • 1999 - V.O.D. laaste toer.
  • 2000 - Stel Die Kruis "Begrawe Jou Engele" vry.
  • 2000 - Stig KOBUS! saam met Theodorus Louis Crous.
Kobus!

KOBUS!

  • 2001 - KOBUS! stel hulle self recorded, self financed, self-produced demo, onder vele titels, oa. "Dink jy Nou?, "12 Afrikaanse Supertreffers" en "Ek dink aan jou my liefling" vry. Verkoop 162 demo cd's uit die hand sonder om een konsert te speel.
  • 2002 - Sluit kontrak met ENT Entertainment met Sony Int. as verspreider. Vrystelling van debuutalbum by KKNK gevolg deur ekstensiewe SA toer.

Kommentaar:
Chutney de Ridder (Die Burger): "…ek kan RSG luisteraars waarsku dat hierdie een van die grootste cd's van die jaar gaan word…dis 'n briljante konsep".
Carike Keuzenkamp: "Dis vars, dis nuut, dis Kobus!"
Johan Rademan (RSG): "Dis grooot sports!"
Valiant Swart: "…dit grens aan puik modern country"
Koos Kombuis: "Ek is baie impressed met die groei van hierdie twee musikante." (of so iets)
Arno Carstens: "Ek gee Kobus! two thumbs up!"
Huyser Burger (DJ Fokolnonsens/Battery 9): "Kobus! is die befokste nuwe Afrikaanse band wat ek in 'n lang tyd gehoor het."
Karen Zoid: "Kobus! is moerse cool"
Dr. Deon Cabano (Doctor to the Stars): Kobus! is die beste Afrikaanse band in die heelal.

Kobus! by KKNK

"KOBUS!" is in November 2000 gestig. By hul ontmoeting in 1997 het Francois Breytenbach Blom (ex Voice of Destruction) en Theodorus Louis Crous (ex Springbok Nude Girls) agtergekom dat hulle van baie dieselfde dinge hou, een daarvan musiekmaak. Neem hul onderskeie musiek agtergronde in ag en dis te verstane dat hulle op daardie stadium nie op hoogte van sake was aangaande Afrikaanse musiek nie. En dit het juis in KOBUS! se guns getel met die opname van hul eerste demo. KOBUS! wou musiek maak waarvan eerstens hulself sal hou. Met 'n vars (vreemde) klank het hulle die industrie verras met uitstekende lirieke en stylvolle melodiee wat soos rooi van blou van hul verlede (en ander Afrikaanse kunstenaars) verskil. Soos Chutney de Ridder (Die Burger) opmerk: "2002 gaan die jaar van Kobus! wees". KOBUS! se KKNK optredes gaan gepaard met die vrystelling van hul debuut CD en word gevolg deur 'n landswye toer.

KOBUS! tree op by die Geraas venue, en die Tassenberg Stalteater op KKNK.

Theo: 0823712826
E-mail: kobus@elvis.com
Francois: 0824784242
ENT Entertainment:
E-mail: ent@worldonline.co.za

Buy MP3s:

Buy South African MP3s from Rhythm Online

Click here to buy MP3s from Rhythm Online


TOPback to where you came from
South Africa's Rock Legends
South African Rock Digest