Various Artists
Tassenberg All Stars 3

Various Artists - Tassenberg All Stars 3

Released:
July 2002,
Trippy Grape,
TRIP 016

See also:
Tassenberg All*Stars 1
Tassenberg All*Stars 2
Tassenberg All*Stars 4

Tracks:

  1. Extra Larry - Sons Of Trout
  2. Betta - Beeskraal
  3. Vier Seisoene Kind - Spinnekop
  4. Kalbassies - Anton Goosen
  5. Bolshie Woman - Scicoustic
  6. Untitled Crap - Anika
  7. Suit - 12Hz
  8. Across The River - Blues Broers
  9. Forget About You - Boulevard Blues Band
  10. Torn Down - Delta Blue
  11. Greater Than Her Parts - Frosted Orange
  12. Lekker by die See - Diff-Olie
  13. Myne Vanaand - Wouter van de Venter
  14. Fifteen - Scicoustic
  15. Gee Raad - Kobus!
  16. Riempies/Bamboesbos - Sons Of Trout
  17. Cut It Off - Not My Dog

Review:

The 3rd CD in this very successful series of albums recorded at the Tassenberg Stalteater each year at KKNK in Oudtshoorn was launched at the High Street Theatre in Durbanville on Friday night.

The 17 tracks on this CD are a great way to remember the gigs if you were there (I know I was!). And if you weren't then this CD is a superb example of what is currently happening in the South African Rock, Folk and Blues scene, both in English and Afrikaans.

Sleeve Notes:
Agt dae van loutere genot in die Tassenberg Stalteater: 22 bands, 65 slots, en etlike duisende Taskoppe wat opruk na die Baalsaal vir nog 'n legendariese week van onverdunde bonhomie! Die Stal was vanjaar groter en beter en ons spyskaart het elke fynproewer se smaak bevredig. Die blues het gekook: Boulevard, Delta, Broers, Frosted en Valiant is almal wereldklas. Kitaarhelde was gelukkig weer volop. Met sy pornosleaze sonbrille en esoteriese gliserien haarstyl was Albertus Vries weer voor in die stoor; gedeter-mineerd om sy Tas Mahala Tastocastor Titel tot die laaste noot te verdedig. Die warm Tasasems van Guy Feldman (Spinnekop), Hugo en Juan (Not my Dog), André (Battery9), Don Reynecke (Zoid) en ¹n horde jong bylsurfers het egter die gliserien op sy agterkop laat smelt by tye.

Sangers het vanjaar ook 'n groot impak gemaak. Karen Zoid se eerste optrede was fenomenaal. Sy het 'n nuwe sensualiteit na die stal gebring wat beide geslagte by tye nogal kriewelrig op die populierstompe laat rondskuif het. Sy en haar band het met hierdie uitstaande optrede 'n wel-verdiende Kanna toekenning ingepalm.

Die legendariese bluessanger, the One 'n Only Dr. John Mostert het die Tasmaniërs weereens oorgewen met sy charisma en glinsterende pupille (Is hy dalk die misterieuse Glint Oosthuizen?) Anton Goosen en die veelsydige Bushrock Band was 'n treffer met hul melodieuse folk-rock. Die Liedjieboer het ook die Taskoppe laat rol van die lag met sy kwinkslae oor die glorified karaoke artieste. Die verrassing was egter die vokale kragtoere van Frik E. Diff-Olie (Stean v.d. Walt) Stean het bes moontlik die kragtigste mansstem in S.A. rock. Luister gerus na Diff-Olie se gatskop debuut "Die Borrelbad Insident". Gian Groen se poëtiese lirieke en sy growwe skuurpapier-stem raak net beter by die dag. Spinnekop met Alex Power aan die stuur het gesorg dat sy songs tot hul volle reg kom. Gerald Clarke van Delta Blue se fluweelstem raak soos goeie rooi wyn net beter en dan slaat hy nog deesdae ook die elektriese kitaar met mening.

Anika en haar band is besig om nuwe velde in S.A. musiek te verken. Haar stem en kitaar het 'n kraakvarsheid wat mens op die punt van jou stoel hou. Wouter van de Venter het vanjaar meer akoesties benader met groot sukses .Sy groep met die veelsydige Leon op bas/didgeridoo en die alomteenwoordige Marius Appelgryn op dromme, is aangevul deur 'n geheimsinnige ou tannie wat skelm Tassies uit haar fles drink! Sy blyk toe allietyd Christa Steyn te wees! Akkedis se energieke optredes was uit die boeke. Arthur het moontlik gesorg vir die beste grand finale toe hy op sy knieë fellatio gepleeg het met sy swart Fender dat die enamel behoorlik spat! Barry het sy baskitaar triomfantelik deur sy amp gedruk met tonne vibrerende feedback wat die Stal tot in sy fondamente laat lekkerkry het.

Die Mister Min trofee vir seep-gladde optredes word gedeel deur Sons of Trout en Scicoustic. Op glas is hierdie ouens eersteklas; op plasties is hul fantasties! Trout word ook deur die girls gevote as mooiste band: verbeel jou die friggin' closet planks sing die boeremeisies onder ons uit! Scicoustic het ook gesorg vir die suiwerste opname. Brasse Vannie Kaap het weer ontplof in 'n orgie van sweet en selluliet tot die groot vermaak van hul hip-hop fans wat self geskoffel het dat die biesies bewe. Mr. Fat was weer sy bekkige self en het die people lekker getune! Die kragtigste aanslae het egter gekom van Not my Dog en Battery 9. Die Gautengers het maar eenmaal die gritty edge op hul Kaapse kollegas, soos die Honde van Wolmer mens altyd kliphard laat verstaan. Paul Riekert en Battery 9 het letterlik mens se pancreas laat bewe. Goed om te weet dat sinisme, angst en baterrysuur nog in grootmaat beskikbaar is sonder voorskrif. Iemand het opgemerk dat André se angswekkende kitaarwerk 'n ouderdoms-perk behoort te kry!

Dan was daar (natuurlik net om seker te maak) die gevreesde Beeskraal! Sou iemand dalk ongeskaad ontsnap uit die Stal sal die Beeste sorg dat Baron van Reede lyk soos die strate van Pamplona! Onbeskaamde tropmoles het weer hoogty gevier. Boo! het die weird en wonderful departement goed verteenwoordig met hul flambojante kostuums en eksentrieke verhoogpersonas. Chris Chameleon se oktaan-verrykte operastemtoere het veral beïndruk. Getrou aan die Tassenberg tradisie het die Stal vanjaar weer aan talle nuwe groepe blootstelling gegee. Kobus! het welkome vernuwing gebring in Afrikaanse rock. Netjies geklee in hul kispakke was Francois en Theo onmiddellik 'n treffer en veral hul songs soos "Die Hoenderman" en "Gee Raad" het die Taskoppe gaande gehad. 12 Hertz bestaande uit Riku Lätti en Jean Marais se vars aanslag met akoestiese kitaar en soprano sax het vir ligter oomblikke gesorg en dié twee het almal se favourite Stalboeties geword. Brixton Moord en Roof Orkes was moontlik die beste sosiale studie van die week met die hervormde sosiopaat Roof Bezuidenhout op die voorpunt.

Ongelukkig kon ons nie almal nie op hierdie album plaas nie. Red Tape en enkele tegniese probleme was die oorsaak hiervoor. Ek glo egter ons het die uitstekende gees van die feestelikheid goed vasgevang. Lank nadat Valiant die Stal met 'n monster-vertoning afgesluit het, Terence die P.A. afgesit het en almal moes waai, het hulle net eenvoudig aangepaartie! Dis hierdie vibrasie wat die Tassenberg Stalteater onderskei van die res. Soms wens ek mens kon hierdie gees bottel en gratis uitstort op die doofstom feesgangers wat so uitmis. Dis sekerlik wettiger as 'n cropsprayer met liquid acid!

Baie dankie aan almal wat bygedra het tot hierdie fantastiese vibe!

Tot Weerklank!

Uys Ventura

Buy MP3s:

Buy South African MP3s from Rhythm Online

Click here to buy MP3s from Rhythm Online


TOPback to where you came from
SA Rock Compilation Albums
South African Rock Digest